Corlia en Quintin_04.fw

U word hartlik uitgenooi om te kom deel in die vreugde wanneer Corlia en Quintin in die huwelik bevestig word en so hul liefde en trou aan mekaar beloof.

Liewe Familie en Vriende
.
Ons storie
Ons storie het begin op 29 Augustus 2015 waar ons gebraai het by vriende.  Hierdie "braai" was eintlik gereël om ons aan mekaar voor te stel.  Corlia was aanvanklik baie moeilik en wou nie regtig met Quintin gesels nie.
.
Op 2 September 2015 was ons op ons eerste "date".  Quintin het op 3 September 2015 op 'n jagtrippie gegaan en Corlia was onder die indruk dat sy nie weer iets van Quintin gaan hoor nie.  Quintin het terug gekom en hy het dadelik vir Corlia 'n boodskap gestuur.
Ons het mekaar in die begin net Dinsdae, Donderdae en naweke gesien en dit het ook baie vinnig verander en ons het mekaar elke dag begin sien.
.
Op 13 November 2015 het Quintin vir Corlia gevra om sy meisie te wees.  Die liefde het behoorlik begin blom. Op 10 Julie 2017 besluit Quintin om die groot vraag te vra by Ouklip Lodge, onder die windpomp en Corlia besef toe dadelik dat Quintin gestuur is van Bo.
Ons sal altyd mekaar ondersteun en ons liefde vir mekaar word elke dag sterker en mooier.  Ons trou met ons beste maat, sielsgenoot en steunpilaar.
.
Op 22 Junie 2019 begin 'n nuwe sprokie vir ons as Meneer en Mevrou Mellet...
.
Liefde
Corlia & Quintin

Corlia en Quintin_venue_02.fw

Harmonie Proteas

Rayton

Tyd:  15:00 

 

Aanwysings

Kleredrag

Corlia_DressCode.fw

Geskenk idees

Corlia_gift_01.fw

Kinders

Ons funksie maak ongelukkig nie voorsiening vir kinders nie.

Kontantkroeg

Kontantkroeg beskikbaar, slegs kontant. Geen kaartfasiliteite.

Akkommodasie

Kontak die bruidspaar vir meer inligting.

RSVP: 20 Mei

Laat weet ons asseblief of julle ons bruilofsfees gaan bywoon.

Vul die vorm in om te RSVP of kontak

Corlia (072 324 2397) cthessner@gmail.com of
Quintin (082 497 8969) quintinmellet@gmail.com 



    block_photo_Corlia2.fw
    Corlia_Logo.fw
    Scroll to Top